Kleinmond kalender is ’n webtuiste waar Kleinmond, Bettiesbaai, Pringlebaai en Rooiels se verskeidenheid van gemeenskappe soos skole, kerke, kultuur- en gemeenskapsorganisasies, saamgesnoer word.

Kleinmond kalender se dienste en funksies is sonder winsbejag en gratis beskikbaar vir alle nie-kommersiële groepe en entiteite van ons omgewing.

Al dié groepe word ernstig uitgenooi om vennote van die webwerf te word en hul lede aan te moedig om op Kleinmond Kalender se nuusbrief in te teken.

Kleinmond Kalender wil help met die beplanning van aktiwiteite.  Deur bewus te word van wat ander op ’n spesifieke datum beplan, kan sake so gereël word dat dit tot almal se voordeel geskied.

Ons uiteindelike doel is om, binne perke, ’n volledig tweetalige webwerf daar te stel.  Die enigste beperkende faktor is die koste.  Baie van die klein programme (Aplets), soos die kalender (events) op die webwerf, is slegs in Engels beskikbaar om te gebruik. Dit is belangriker om hierdie gemeenskapsdiens van die grond te kry as om te wag totdat geld vir skryf van programme in Afrikaans, beskikbaar is.  Dit is ook waar dat ’n Afrikaanse organisasie min baat by Engelse inskrywings, en omgekeerd.

Kalender is nog in sy kinderskoene. Ons wil groei, en binne afsienbare tyd, almal verbaas met wat ons kan aanbied.

January  2012
S M T W T F S
   
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30 31  

Teken in op
Kleinmond Kalender
Nuusbrief!

* = required field